|

AfriForum se Roodepoort-tak hou massapatrollie

AfriForum se tak in Roodepoort het op 21 Augustus sy maandelikse misdaadvoorkomende massapatrollie gehou.

Dié patrollie het ’n rekordgetal van 165 deelnemende lede gelok en beloof om in die komende maande selfs méér deelnemers te betrek om die gemeenskap suksesvol te beveilig. Dit was ook die grootse wat in die afgelope maande gereël is.

“Misdaadvoorkomingspatrollies soos dié kan slegs suksesvol wees as die hele gemeenskap hul kant bring. Dit is ’n voorreg om te kan sê dat dit wel die geval is hier in Roodepoort. ’n Besonderse woord van dank aan Carika van Loggerenberg en DK van Blackhawk Risk Intelligence, wat hierdie groot projek georganiseer het en die sukses verseker,” sê Dewet Ungerer, distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Rolspelers wat aan die patrollie deelgeneem het, sluit in ER24, Commed, Help24, die gemeenskapspolisiëringsforums in Honeydew, Sophiatown, Albertsville, Fairlands en FNQC, BCI Security, APCAN Security, National Security, Tau Security, SRT Security, EC Security, Scpsl Security, CCJ Security, Delta Tactical, Emergency Control SA, ICE Community Policing en Black Hawk  Risk Intelligence.

Verskeie brandpunte in die gemeenskap is besoek en geen ernstige gevalle is tydens die patrollie aangemeld nie.

Sluit vandag nog by die plaaslike buurtwag aan en maak ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap: SMS “Roodepoort” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings