|

AfriForum se Potchefstroom-buurtwag help met arrestasie

Die Potchefstroom-buurtwag het op 25 April gehelp om twee verdagtes vas te trek wat ’n leerder van Potchefstroom High School for Boys in Kampstraat beroof het. Die leerder het na sy bure gehardloop vir hulp toe die verdagtes sy selfoon gesteel het. Tydens die konfrontasie het die verdagtes messe uitgepluk en die leerder geïntimideer. ’n Verbyganger het gesien wat gebeur en Mooirivier Beskerming geskakel.

Een van die verdagtes het naby ’n lid van AfriForum se Potchefstroom-buurtwag se huis geskuil – dié lid het hom gewaar en die sekuriteitsmaatskappy gehelp om die verdagtes aan te keer. Die verdagtes is aan die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorhandig en amptelik gearresteer. ’n Saak is teen hulle geopen en die selfoon is aan die leerder terugbesorg.

“Hierdie sukses is te danke aan almal – die buurman, die vrou wat die sekuriteitsmaatskappy ontbied het, die sekuriteitsmaatskappy, die buurtwaglid en die SAPD – wat paraat en bereid was om betrokke te raak by iemand in nood. Dít is die enigste manier waarop misdaad hokgeslaan kan word,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Raak by AfriForum se Potchefstroom-buurtwag betrokke en help om jou omgewing veilig te hou. Kontak vir Cornelia Blignaut by 073 390 4133 om aan te sluit.

Soortgelyke plasings