|

AfriForum se Roodepoort-buurtwag ontvang brandopleiding

Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op 5 en 6 Augustus 2022 brandopleiding ontvang. Forum Sekuriteit het die opleiding aan 20 van die Roodepoort-buurtwaglede aangebied by Gauteng Dragon Boat Association.

Die opleiding het teorie en prakties ingesluit en is interaktief. Die doel daarvan is op die buurtwaglede die basiese kennis te gee oor hoe om op te tree tydens ’n brand. Daar is ook aan hulle verduidelik hoe die brandbeskermingsdrag en toerusting werk.

Volgens Werner Britz, die leier van die Roodepoort-buurtwag, is dit belangrik dat die buurtwaglede die nodige kennis het om brande te kan blus aangesien die regering nie meer in staat is om hul verpligtinge na te kom nie.

Soortgelyke plasings