AfriForum se Secunda-buurtwag ontvang opleiding


Die AfriForum-buurtwag in Secunda het op 7 Augustus 2017 wéér opleiding ontvang. Tydens hierdie sessie is buurtwaglede opgelei in die hantering van verskeie tonele, asook die korrekte radiogebruikprosedure.

“AfriForum bied opleiding aan al sy buurtwagstrukture om te verseker dat buurtwaglede met die nodige kennis toegerus is om gemeenskappe in tye van nood by te staan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“As lede van die buurtwag is ons opgewonde oor die positiewe groei van die plaaslike tak, asook die verskil wat ons in die gemeenskap maak. Ons doen ’n beroep op inwoners van Secunda om by die tak en buurtwag betrokke te raak,” sê Nico Venter, voorsitter van AfriForum se Secunda-tak.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings