|

AfriForum se Springs-buurtwag in Endicott ontvang nuwe brandbestrydingstoerusting

Die AfriForum-tak en -buurtwag in Springs het op 16 Oktober 2020 brandbestrydingstoerusting aan die Endicott-buurtwag oorhandig. ’n Brandbestrydingstoestel met ’n waentjie is aan Endicott verskaf om hulle te help om brande te bestry.

Die Springs-tak het ook ’n bykomende brandbestrydingswaentjie gebou wat veelsydig aangewend kan word tydens brandbestryding. Dié waentjie is toegerus met twee brandblussers, brandslaantoerusting en ’n watertenk met ’n pomp en motor. Dié toerusting is vroeër aangeskaf, maar kon nie doeltreffend gebruik word sonder ’n goed toegeruste waentjie nie.

Omdat baie brande in die nag bestry moet word, is die waentjie ook toegerus met spreiligte sodat lede beter kan sien.

“Die toerusting is skaars afgelaai toe ons ’n noodroep oor ’n brand in 5de Laan ontvang. Die waentjie stel die Endicott-buurtwag nou in staat stel om brande doeltreffend te bestry, veral in die droë wintermaande, wanneer veldbrande gereeld voorkom en baie maal buite beheer raak,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

Soortgelyke plasings