|

AfriForum se Springs-tak bederf bejaardes met ontbyt

Die AfriForum-tak in Springs het op 30 Augustus 2020 vir die bejaarde inwoners van die Makville-woonstelle ontbyt gemaak nadat dié inwoners weens kabeldiefstal reeds ’n dag sonder krag was.

Die elektriese afdeling van die Ekurhuleni-metro het glo gesê hulle kan eers die Maandag hieraan aandag gee aangesien die werkers nie oortydbetaling ontvang nie.

Volgens Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak, is die tak daartoe verbind om die gemeenskap te dien en dit was ’n voorreg om vir die bejaardes ontbyt te maak.

“Ons is bly dat ons ontbyt aan die bejaarde inwoners kon voorsien en sal aanhou om gemeenskapslede te ondersteun. Dit is onaanvaarbaar dat die metro inwoners en veral bejaardes in die steek laat omdat hulle nie vir die diens wat gelewer moet word, vergoed word nie,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die verskil: SMS “Springs” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings