|

AfriForum se Witrivier-buurtwag help om brand in reservaat te blus

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het op 14 September 2021 saam met Hi-Tech Security Witrivier en die plaaslike brandweer gehelp om ’n brand in die Witrivier-reservaat te blus.

AfriForum-lede wat toegang het tot ’n bakkiesakkie (’n tenk met ’n pomp wat agterop ’n bakkie pas) het vinnig ingespring om dié brand saam met die rolspelers te blus.

“Daar is van Mei tot November groot brandrisiko’s en lede reageer gereeld om die gemeenskap te help om brande te bestry,” sê Johan Pelser, leier van AfriForum se Witrivier-buurtwag.

Pelser moedig die gemeenskap aan om by die buurtwag en tak in te skakel om sodoende te help om ’n daadwerklike verskil te maak.

Sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings