|

AFRIFORUM SE WITRIVIER-BUURTWAG ONTHUL MOBIELE BEHEERKAMER

AfriForum se Witrivier-buurtwag het op 30 Julie 2021 ’n nuwe mobiele beheerkamer vir die buurtwag onthul tydens dié burgerregteorganisasie se nasionale massapatrollie.

Die beheerkamer is binne-in ’n Toyota Quantum-bussie ingebou wat deur die Witrivier-tak aangekoop is. ’n Deel van die bussie se sitplekke is verwyder en daar is stoorplek ingebou vir die buurtwag se toerusting. Verder is daar ook sitplek vir lede, wat aan diens is, binne die bussie om te help met bestuur en kommunikasie tydens insidente.

Hierdie bussie gaan ontplooi word tydens enige situasie wat dit toelaat en gaan die middelpunt van die AfriForum-buurtwag in Witrivier se operasies wees. Alle koördinering sal deur die lede in die bussie hanteer word en daar sal ten alle tye boek gehou word van lede se optrede op die grond om te verseker dat ons lede veilig bly.

Daar word nog items benodig om die projek uit te brei, onder andere ’n beeldskerm, kommunikasiestelsel en elektriese bystandstelsel. Lede word aangemoedig om Dawie Ruthven te skakel by 082 855 3507 indien hulle kan help.

Sluit vandag aan by AfriForum: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings