|

Die staat ondersoek liggaam wat moontlik verbind word met ontvoeringsaak waarby SANW-soldate betrokke is

Die ontvoering- en aanrandingsaak waarby drie soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) betrokke was, het vandag ’n onverwagse wending in die Pretoriase landdroshof geneem. Die staatsaanklaer het aan die hof gesê daar word sterk vermoed dat ’n erg verbrande lyk wat onlangs ontdek is, een van die twee mans is wat sedert Februarie vermis word.

Die saak hou verband met twee mans – Sibusiso Phetla (39) en Jerome Lebaka (41) – wat op 13 Februarie vanjaar ontvoer is. AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag namens Phetla se ma, Mirriam Phetla, op.

Die aanklaer het aan die hof gesê dat DNS-monsters verkry is van die lyk sowel as die ouers van een van die vermiste mans. Die saak is tot 8 Februarie 2023 uitgestel om te verseker dat die DNS-uitslae aan die hof beskikbaar is.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het in Augustus ’n diensklag by die SAPD ingedien teen die ondersoeker wat vir hierdie saak aangewys is. Die privaatvervolgingseenheid is deur ’n betroubare bron ingelig dat die speurder verskeie instruksies van die aanklaer bloot geïgnoreer het en gevolglik was talle aspekte van die ondersoek nog uitstaande.

Soortgelyke plasings