| |

AfriForum-takke help gemeenskappe tydens COVID-19-pandemie

AfriForum se takke in die Groter Pretoria-distrik het die afgelope maand meer as 30 ton voedsel aan sowat 1 270 behoeftige gesinne uitgedeel. Dié aksies is in samewerking met die COVID-19-taakspan – gestig deur die burgerregteorganisasie AfriForum, die familieboernetwerk Saai en Solidariteit Helpende Hand – en verskeie ander organisasies aangepak om gemeenskappe tydens die landwye inperking te ondersteun.

“Die nood onder gemeenskappe is groot. Die inperking het tot gevolg gehad dat talle mense hulle werk of inkomste verloor het,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria.

Die volgende takke het altesaam meer as R250 000 se kos, handreiniger en maskers binne gemeenskappe versprei:

  • Apiesrivier
  • Wes-Moot
  • Oos-Moot
  • Moot-Sentraal
  • Bronkhorstspruit
  • Pionier
  • Roodeplaat
  • Rayton/Cullinan
  • Pretoria-Wes

“Dié projekte is met behulp van skenkings, takfondse en die nuutgestigde taknoodhulpfonds – wat sedert die inperking op die been gebring is – gefinansier. Ons het ook talle nodige skenkings vanuit die gemeenskap self ontvang. Dis wonderlik om te sien hoe gemeenskappe saamstaan om ’n wesenlike verskil te maak,” sê Steinberg.

AfriForum het ’n noodfonds vir elke tak geskep sodat dié aksies volhoubaar voortgesit kan word. Persone wat skenkings wil maak, kan hul naaste tak kontak. Alle inligting is op die taknoodfondsblad op AfriForum se webblad beskikbaar.

Soortgelyke plasings