AfriForum-teenboelieveldtog besoek Laerskool Wierdapark


AfriForum het Laerskool Wierdapark in Centurion op 25 April 2018 as deel van die burgerregte-organisasie se teenboelieveldtog besoek. Dié teenboelieveldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die kennis om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se koördineerder vir leierskapsontwikkeling.
“Ons wil die leuse van ons skool, ‘Ons bou’, deel van elke leerder se lewe en wese maak. By Laerskool Wierdapark ontwikkel ons die kind se volle menswees. Ons leer kinders om verantwoordelikheid te aanvaar en dat mens sekere regte en verantwoordelikhede het,” verduidelik Lane Flint, departementshoof van Laerskool Wierdapark.

Stuur ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za indien jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Soortgelyke plasings