| |

Belfast-tak loods projek om waterprobleme die hoof te bied

AfriForum se Belfast-tak het op 1 Augustus ’n projek geloods om die voortslepende waterprobleme in dié dorp te takel. Belfast gaan tans onder ernstige watertekorte gebuk en dié tak wil met hierdie projek die gemeenskap help om die probleem op te los.

Dit volg nadat die tak verskeie klagtes oor droë krane van moedelose inwoners ontvang het. Die eerste fase van die projek is ’n aanlyn skakel waar inwoners wateronderbrekings en
-probleme kan aanmeld. Dié boodskappe sal direk aan die munisipaliteit gestuur word. Op die manier kan die bestuur van die Belfast-tak druk op die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit plaas om gehoor te gee aan inwoners se reg op water.

“Ons het reeds die afgelope jaar twee noodwaterpunte in die dorp opgerig en beplan om binne die volgende twee weke nog een op te rig. Ons sal aanhou om munisipale agteruitgang teen te werk deur volhoubare projekte soos dié te loods,” sê Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Klik hier om wateronderbrekings of -probleme aan te meld.

AfriForum se Belfast-tak moedig die publiek aan om betrokke te raak en sodoende ’n verskil te maak. Kontak Arlo van Heerden by 066 486 7609.

Soortgelyke plasings