|

AfriForum ontplooi gemeenskapsveiligheidstrukture in Groblersdal te midde van toenemende spanning

Die burgerregteorganisasie AfriForum is bewus van ’n groot byeenkoms wat deur politieke partye in Groblersdal beplan word, terwyl die hofsaak van ’n pa en seun wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n veiligheidswag na bewering aangerand het, hier in die hof voortgesit word.

Volgens Llewelynn Hemmens, AfriForum se hoof van Veiligheid vir die Noordstreek, is die organisasie se gemeenskapsveiligheidstrukture reeds in Groblersdal om die veiligheid van die gemeenskap te verseker en om moontlike teikens soos skole en aftreeoorde, en kwesbare gemeenskapslede te midde van die toenemende spanning te beskerm.

AfriForum is in gesprek met die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en sal verseker dat die organisasie se teenwoordigheid hier, binne die raamwerk van die wet, ’n stabiliserende uitwerking het.

“AfriForum se prioriteit is om die Groblersdal-gemeenskap te beveilig teen enige groep wat poog om chaos te veroorsaak of spanning verder te laat eskaleer,” sluit Hemmens af.

AfriForum sal sy lede en die publiek op die hoogte hou van verwikkelinge. Nuwe inligting sal, soos wat die situasie ontvou, beskikbaar gestel word op AfriForum se sosialemediaplatforms.

Soortgelyke plasings