|

Noodwaterpunt voorsien Bronkhorstspruit-gemeenskap van water

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak het op 28 Februarie water aan die Bronkhorstspruit-gemeenskap verskaf. Dit volg nadat sekere dele van die dorp sonder water moet klaarkom omdat pompe ná jare se verval en die afskeep van roetine-instandhouding vervang moet word.

Verlede jaar, November het dié tak reeds noodwaterpunte by Hoërskool Erasmus opgerig aangesien die gemeenskap kort-kort sonder water sit. Die gemeenskap is welkom om van hierdie noodwaterpunte gebruik te maak.

“AfriForum sal aanhou om ons gemeenskappe by te staan waar die staat, of munisipaliteit misluk sodat ons hoop in gemeenskappe kan skep deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die area maak,”  sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Bronkhorstspruit-tak betrokke en maak ’n verskil in jou gemeenskap: SMS “Bronkhorstspruit” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings