|

Bethal-tak en inwoners maak dorp beter

AfriForum se Bethal-tak het op Donderdag 10 Augustus nog ’n slaggatprojek voltooi. Dié keer was die fokus op Tsibitso Sibanyonistraat. Daar is besluit om aan hierdie straat aandag te gee omdat verskeie inwoners oor die toestand daarvan gekla het.

Slaggate in Tsibitso Sibanyonistraat tussen Malherbe- en Kieserstraat is opgevul. Teer vir die projek is deur inwoners van dié straat verskaf en AfriForum se Bethal-tak het ook ’n bydrae gelewer. Altesaam drie honderd sakkies teer is gebruik.

“Die projek se kostes beloop ongeveer R11 000 nadat die teer van die gemeenskap ontvang is. Ons bedank die gemeenskap vir hulle bydrae, Mass Hire Secunda wat ’n kompaksieroller vir die projek voorsien het, en NJP Transport wat ’n 4-tonvragmotor beskikbaar gestel het. Hierdie projek is ’n voorbeeld van hoe verskeie organisasies hande vat en ’n verskil maak,” sê Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak.

Klik hier en raak vandag nog by AfriForum se Bethal-tak betrokke en help jou gemeenskap.

Soortgelyke plasings