AfriForum se sentraakstreek-gemeenskaps-veiligheidsentrum

AfriForum se Bloemfontein-gemeenskapsveiligheidsentrum

Jou gemeenskap, jou veiligheid!

AfriForum is daartoe verbind om ons gemeenskappe veiliger te maak deur die bevordering van samewerking tussen inwoners, plaaslike owerhede en ander veiligheidsorganisasies. In Bloemfontein het AfriForum ’n toegewyde beheerkamer opgerig om 24 uur per dag toesig en reaksie in noodsituasies te verseker.

Wat ons doen:

  • Regstreekse monitering: Deur middel van gevorderde tegnologie monitor ons veiligheidsbedreigings in jou omgewing.
  • Noodreaksie: Direkte toegang tot geregistreerde veiligheidsmaatskappye soos Forum Sekuriteit, die AfriForum-buurtwag en plaaslike wetstoepassing vir vinnige en doeltreffende reaksie.
  • Samewerking: AfriForum werk saam met plaaslike gemeenskapsorganisasies, ondernemings en ander belanghebbendes om ’n veiliger omgewing te verseker.
  • Voorkoming van misdaad: Deur patrolleringsbewusmakingsveldtogte en die uitbreiding van ons veiligheidstrukture help ons om misdaad te voorkom.

Raak betrokke

Sluit aan by AfriForum: Word deel van die gemeenskapsorganisasie wat jou veiligheid ernstig opneem.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Jou betrokkenheid MAAK ’n verskil!

AfriForum se gemeenskapsveiligheidsentrum in Bloemfontein stel jou in staat om aktief deel te neem aan die beskerming van jou familie, vriende en gemeenskap. Elke lid wat by ons aansluit, dra by tot ’n veiliger samelewing.

Noodnommer: 081 359 9949

Word deel van die oplossing!