Geregtigheid, magsmisbruik en rassisme

Privaat vervolging

Adv. Gerrie Nel het as staatsaanklaer bedank en vanaf 1 Februarie 2017 as hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid aangesluit. Suid-Afrikaanse wetgewing maak privaat vervolging moontlik in gevalle waar die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit om iemand wat van ’n misdryf verdink word, nie te vervolg nie.

So werk privaat vervolging

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se nuwe privaat vervolgingseenheid, het vandeesweek tydens ’n standpuntgesprek by AfriForum verduidelik hoe privaat vervolging werk en wat so ’n eenheid behels.

Die proses in ’n neutedop

Ná ’n saak by die polisie aangemeld is, moet die nasionale vervolgingsgesag (NVG) besluit of hulle gaan vervolg of nie. Sou die NVG besluit om nie te vervolg nie en AfriForum meen daar is wel gronde vir ’n suksesvolle vervolging, kan die privaat vervolgingseenheid die NVG nader (ingevolge die bepalings van Artikel 7 van die Strafproseswet) en aansoek doen vir ’n nolle prosequi-sertifikaat. Hierdie sertifikaat gee aan iemand die reg om vervolging in eie naam in te stel.

Die NVG kan ná ontvangs van ’n aansoek vir ’n nolle prosequi-sertifikaat, weer die saak beoordeel en besluit om wel te vervolg. In so ’n geval sal AfriForum nie geregtig wees op ’n nolle prosequi-sertifikaat nie, maar sal dit beskou word as ’n oorwinning omdat gelykheid voor die reg en die vervolging van alle sake wat meriete het, die organisasie se fundamentele oogmerk is.

“Al is AfriForum se privaat vervolgingseenheid reeds besig om ’n saak te vervolg, is dit belangrik om te weet dat die NVG verplig is om dit weer by ons oor te neem sou dit duidelik raak dat ’n suksesvolle vervolging ’n moontlikheid is. Dié verpligting het as grondslag die staat se plig om die betaling van koste te vermy.

AfriForum kan dit weier, maar dit sal nie sommer gebeur nie, aangesien ons dan verantwoordelik sal wees vir die regskoste van ’n saak wat die staat aanbied om op hulle koste verder te vervolg,” verduidelik Nel.

Dit is verder hoogs waarskynlik dat die NVG ’n saak wat privaat deur ons vervolg word, sal dophou en sou dit lyk asof ons gaan wen, vra om dit weer te vervolg omdat hulle weet dat, sou ons wen, die regskoste aan AfriForum uitbetaal sal moet word. Nel wys daarop dat AfriForum so ’n scenario egter ook as ’n oorwinning sal beskou, omdat dit uiteindelik beteken dat die saak regmatig vervolg word.

Nel noem verder dat hy al gevra is of die staat dan nie met opset so ’n saak sal wil verloor nie. Hy is egter oortuig dat geen aanklaer met opset ’n saak sal verloor nie. Hy verduidelik ook verder dat so ’n saak in die openbaar vervolg word en AfriForum dit nougeset sal volg om seker te maak dat geregtigheid geskied.

Regskoste

Sodra die eenheid in besit van ’n nolle prosequi-sertifikaat is, moet AfriForum finansiële waarborge verskaf om te wys dat ons in staat sal wees om die koste te betaal sou die beskuldigde onskuldig bevind word. “As ons verloor, word AfriForum vir alle regskoste aanspreeklik gehou. Daarom is die keuse van sake asook die voorbereiding daarvoor, uiters belangrik sodat ons suksesvol kan vervolg,” verduidelik Nel. Die Wet stel dit as ’n vereiste dat ons binne drie maande nadat die nolle prosequi-sertifikaat uitgereik is, met vervolging moet begin. Dit laat die klem ook val op deeglike voorbereiding en sorgvuldige oorweging van watter sake om aan te pak.

Nel maak dit egter duidelik dat die fokus nie net op sake van nasionale belang is nie, maar dat AfriForum graag betrokke sal wil raak in sake op plaaslike vlak waar daar aanduidings van selektiewe vervolging is.

Uitdagings

Nel sê dat hoewel die konsep van ’n privaat vervolgingseenheid ongelooflik opwindend is, dit ’n moeilike en uitdagende pad gaan wees. “Dit is nog nooit voorheen aangepak nie en alles wat ons gaan doen, is baanbrekerswerk”.

Hy berei homself voor vir uiterste frustrasie in die versameling van verklarings en bewysmateriaal. Daar moet besef word dat anders as NVG-aanklaers wat die hele polisiemag tot hulle beskikking het om verklarings en bewysmateriaal in te samel, ons dit self sal moet kry. Ons besef en berei onsself voor dat daar partye en individue in die proses gaan wees, wat dit vir ons gaan probeer moeilik maak.

Nel wys daarop dat sodra ’n privaat vervolging ingestel word, die vervolging in die normale howe met dieselfde proses en bewysreëls as ander strafsake sal voortgaan. Ons sal, soos die staat, die bewyslas dra om ’n beskuldigde se skuld bo redelike twyfel te bewys.

Hy het gesê die publiek en AfriForum-lede moet besef dat die eenheid nie die name van moontlike beskuldigdes in die media gaan openbaar maak nie. Nie net is dit inherent onregverdig nie, maar dit sal onnodige druk op die eenheid plaas om so ’n saak voor te berei. Sodra ons egter gereed is om vir ’n sertifikaat aansoek te doen, sal ons die spesifieke saak identifiseer.

Volgens Gerrie is die eenheid, wat deur AfriForum-lede se bydraes moontlik gemaak word, ’n geskiedkundige draaipunt in die land se regsproses. “Ek dink oor ’n jaar of twee gaan ons terugkyk en wonder hoekom ’n privaat vervolgingseenheid nie eerder vroeër die lig gesien het nie,” het hy gesê.

Mediaverklarings

1 Julie 2026

Sokkerster Mogaila binnekort weer in hof ná voorgestelde pleitooreenkoms verwerp is

Privaatvervolgingseenheid behartig nog ’n padongeluksaak wat sloer Die sokkerster Shaune Mogaila wat daarvan beskuldig word dat hy die botsing veroorsaak…

Lees meer

29 Junie 2026

Hof sal ná 20 jaar uiteindelik sê oor Nengwane-dood

Solomon (Solly) Nengwane se familie sal nou, twee dekades ná Solomon in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se aanhouding gesterf het,…

Lees meer

26 Junie 2026

Ernstige vrae ná Valke Madlanga-getuie in strafregtelike ondersoek bevorder

Dit blyk dat die Valke nie ernstig is oor hul voorneme om korrupsie in hul eie geledere uit te wis…

Lees meer

18 Junie 2026

AfriForum sorg dat geregtigheid seëvier ná onwettige afkap van bome

In ’n sprekende voorbeeld van AfriForum se privaatvervolgingseenheid se verbintenis tot die oppergesag van die reg, het dié eenheid se…

Lees meer

12 Junie 2026

Privaatvervolgingseenheid rig soeklig op polisie se beweerde toesmeerdery van straatrenne

Die onlangse noodlottige ongeluk tydens ’n onwettige straatren op Steve Biko-weg in Gezina, Pretoria, het bewerings blootgelê van ’n toesmeerdery…

Lees meer

20 Mei 2026

AfriForum bevraagteken staat se toewyding om gelyke geregtigheid vir alle slagoffers van misdaad te verseker

AfriForum se privaatvervolgingseenheid verteenwoordig die slagoffers in ses sake, wat deur   die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek word, waar verdagtes en…

Lees meer

21 April 2026

AfriForum steun fluitjieblaser oor onregmatige Eskom-dieselkontrakte van miljoene rand

AfriForum se privaatvervolgingseenheid verteenwoordig ’n fluitjieblaser wat beweer dat Eskom miljoene rand per maand verloor ten spyte van ’n forensiese…

Lees meer

11 Maart 2026

Sokkerster Mogaila wil pleitooreenkoms aangaan – privaatvervolgingseenheid wil beeldmateriaal wys

Die sokkerster wat daarvan beskuldig word dat hy die motorongeluk veroorsaak het wat tot die dood van Gomolemo Mavimbela (9)…

Lees meer

6 Maart 2026

Privaatvervolgingseenheid beklink hofoorwinning – verseker 20 jaar tronkstraf vir verkragter

Ná byna vyf jaar van verhoor, gekenmerk deur verskeie vertragings, het AfriForum se privaatvervolgingseenheid die skuldigbevinding van Isaac Andile Memese…

Lees meer

27 Februarie 2026

Man wat hardloper raakry nou van moord aangekla ná AfriForum-privaatvervolgingseenheid ingryp

Thabang Ndlovu het vandag vlugtig in die Orlando-landdroshof verskyn waar dit bevestig is dat hy nou teregstaan op ’n aanklag…

Lees meer

26 Februarie 2026

Kallie Kriel getuig voor Khampepe-kommissie: “Politieke inmenging verhoed dat ANC-leiers vervolg word vir terreurdade voor 1994”

Klankgreep: Kallie Kriel (Afrikaans) Klankgreep: Kallie Kriel (Engels) Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vandag tydens sy getuienis voor…

Lees meer

29 Januarie 2026

AfriForum gryp in: Moordklag nou oorweeg vir man wat hardloper raakry

’n Senior aanklaer het Dezireè du Plessis se familie meegedeel dat die staat oorweeg om die man wat haar in…

Lees meer

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*