Ons is Afrikaners

Interkulturele samewerking

Wedersydse erkenning en respek is vir AfriForum belangrik en daarom werk AfriForum ook om interkulturele samewerking in suidelike Afrika te bevorder. Die eenvoudige werklikheid is dat die samelewing saamgestel is uit verskeie kultuurgemeenskappe wat naas mekaar lewe. Goeie verhoudings tussen gemeenskappe maak vreedsame naasbestaan en ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms moontlik.

Op voetsoolvlak bestaan daar oor die algemeen respek en heers daar goeie gesindhede tussen tradisionele en burgerlike leiers en ook tussen gewone burgers wat aan verskillende kultuurgemeenskappe behoort. AfriForum glo daarom dat gemeenskapsinstellings die verantwoordelikheid moet neem om hierdie respek en goeie gesindhede te beskerm en te bevorder en nie toe te laat dat politici polarisasie veroorsaak nie.

Die idee dat regerings nie vir gemeenskappe al hulle probleme gaan oplos nie, begin wyer posvat. Daarom bou AfriForum verhoudings met gemeenskapsinstellings van ander kultuurgemeenskappe deur gesamentlike projekte aan te pak wat gemeenskapselfstandigheid en subsidiariteit bevorder. Suksesvolle gemeenskappe volg ’n benadering van skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes en ervaring. Daarom word daar ook saamgewerk om taal, kultuur en erfenis te bewaar omdat dit belangrik is vir die behoud en uitbou van kulturele identiteit en die uiteindelike volhoubare voortbestaan van gemeenskappe.

AfriForum werk ook saam met tradisionele leierskapstrukture as belangrike gemeenskapsinstellings van kultuurgemeenskappe met die doel om gemeenskapselfstandigheid te bevorder en te verhoed dat hierdie instellings deur politici gekaap en misbruik word.

AfriForum volg ’n benadering van binding en brugbou. Ons bind Afrikaners aan mekaar en mobiliseer energie om vir ons ’n toekoms te bou, en ons bou brûe met ander gemeenskappe sodat gemeenskappe in vreedsame naasbestaan met mekaar voluit vry, veilig en voorspoedig kan lewe.

Mediaverklarings

1 Oktober 2026

AfriForum wens kgosi Mogakolodi Masibi geluk met 30 jaar op die troon

AfriForum wens kgosi Mogakolodi Masibi, kgosi van die Batlharo Boo Tokwana Ba Ga Masibi van Disaneng, noordwes van Mahikeng, geluk…

Lees meer

9 September 2026

AfriForum en die Limamlimi-boerevereniging vat hande om grondsekerheid te verseker

AfriForum en die Limamlimi-boerevereniging in die Thembisile Hani Plaaslike Munisipaliteit-gebied het besluit om saam te werk om grondsekerheid vir kommersiële,…

Lees meer

7 September 2026

Gesamentlike inheemseveldbokprojek betree volgende kommersialiseringsfase

Die inheemseveldbok-inkubasieprojek wat AfriForum, Saai en Kgosi Gabo Moroka van die Barolong Boo Seleka van Thaba’Nchu in Mei 2024 van…

Lees meer

4 September 2026

AfriForum en Umbumano Lwezinduna eis dringende optrede ná moord op induna en sy vrou

AfriForum en die tradisionele leierskap belange-organisasie Umbumano Lwezinduna doen ’n dringende beroep op die KwaZulu-Natal provinsiale regering om daadwerklik op…

Lees meer

2 September 2026

Interkulturele vennootskap begin met lêhoender-projek

’n Gesamentlike lêhoender-projek is vandag in Disaneng, die hoofsetel van die Batlharo Boo Tokwana Ba Ga Masibi-kultuurgemeenskap wes van Mahikeng…

Lees meer

25 Augustus 2026

AfriForum kap departement se versuim met Dennilton-gemeenskap se grondoordrag

AfriForum het vandag antwoorde van die Limpopo Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling geëis nadat dié departement versuim het om…

Lees meer

14 Augustus 2026

Tree toe tot stryd vir grond, hart en siel van kultuurgemeenskappe – AfriForum

AfriForum doen ’n beroep op tradisionele, Khoi-San en ander kultuur- en geloofsgemeenskappe om dringend toe te tree tot die stryd…

Lees meer

10 Augustus 2026

AfriForum betuig medelye met afsterwe van nkosazana Nomakhosazana Stokwe

AfriForum het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van nkosazana (prinses) Nomakhosazana Stokwe, suster van nkosi (senior tradisionele leier)…

Lees meer

23 Julie 2026

AfriForum betuig medelye met die afsterwe van nkosi Mpumalanga Gwebingqele Gwadiso

AfriForum het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van nkosi Mpumalanga Gwebingqele Gwadiso, voorsitter van die Oos-Kaapse Provinsiale Huis…

Lees meer

20 Julie 2026

AfriForum en Nama-Afrikaner-familiestam in Suid-Afrika sluit geskiedkundige ooreenkoms

AfriForum en die Nama-Afrikaner-familiestam in Suid-Afrika het vandag ’n geskiedkundige erkennings- en samewerkingsverdrag in Pretoria onderteken. Hulle het onder meer…

Lees meer

30 Junie 2026

“Bou jouself”-groentetuin lewer nou konsekwent aan plaaslike voedingsprogramme in Thaba ’Nchu

Die Ikageng-tuin, ’n gesamentlike groentetuinprojek van die Noga’s Post-nedersetting in Thaba ’Nchu, buite Bloemfontein, slaag reeds die afgelope paar maande…

Lees meer

25 Junie 2026

AfriForum eis antwoorde van KZN-premier na onregmatige erkenning van inkosi

AfriForum het op 24 Junie antwoorde van Thami Ntuli, premier van KwaZulu-Natal, geëis nadat lede van die Mthiyane adelike familie…

Lees meer

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*