Ons is Afrikaners

Interkulturele samewerking

Wedersydse erkenning en respek is vir AfriForum belangrik en daarom werk AfriForum ook om interkulturele samewerking in suidelike Afrika te bevorder. Die eenvoudige werklikheid is dat die samelewing saamgestel is uit verskeie kultuurgemeenskappe wat naas mekaar lewe. Goeie verhoudings tussen gemeenskappe maak vreedsame naasbestaan en ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms moontlik.

Op voetsoolvlak bestaan daar oor die algemeen respek en heers daar goeie gesindhede tussen tradisionele en burgerlike leiers en ook tussen gewone burgers wat aan verskillende kultuurgemeenskappe behoort. AfriForum glo daarom dat gemeenskapsinstellings die verantwoordelikheid moet neem om hierdie respek en goeie gesindhede te beskerm en te bevorder en nie toe te laat dat politici polarisasie veroorsaak nie.

Die idee dat regerings nie vir gemeenskappe al hulle probleme gaan oplos nie, begin wyer posvat. Daarom bou AfriForum verhoudings met gemeenskapsinstellings van ander kultuurgemeenskappe deur gesamentlike projekte aan te pak wat gemeenskapselfstandigheid en subsidiariteit bevorder. Suksesvolle gemeenskappe volg ’n benadering van skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes en ervaring. Daarom word daar ook saamgewerk om taal, kultuur en erfenis te bewaar omdat dit belangrik is vir die behoud en uitbou van kulturele identiteit en die uiteindelike volhoubare voortbestaan van gemeenskappe.

AfriForum werk ook saam met tradisionele leierskapstrukture as belangrike gemeenskapsinstellings van kultuurgemeenskappe met die doel om gemeenskapselfstandigheid te bevorder en te verhoed dat hierdie instellings deur politici gekaap en misbruik word.

AfriForum volg ’n benadering van binding en brugbou. Ons bind Afrikaners aan mekaar en mobiliseer energie om vir ons ’n toekoms te bou, en ons bou brûe met ander gemeenskappe sodat gemeenskappe in vreedsame naasbestaan met mekaar voluit vry, veilig en voorspoedig kan lewe.

Mediaverklarings

30 Junie 2026

“Bou jouself”-groentetuin lewer nou konsekwent aan plaaslike voedingsprogramme in Thaba ’Nchu

Die Ikageng-tuin, ’n gesamentlike groentetuinprojek van die Noga’s Post-nedersetting in Thaba ’Nchu, buite Bloemfontein, slaag reeds die afgelope paar maande…

Lees meer

25 Junie 2026

AfriForum eis antwoorde van KZN-premier na onregmatige erkenning van inkosi

AfriForum het op 24 Junie antwoorde van Thami Ntuli, premier van KwaZulu-Natal, geëis nadat lede van die Mthiyane adelike familie…

Lees meer

18 Junie 2026

Lêhoenderprojek deur interkulturele vennootskap van stapel gestuur

’n Gesamentlike lêhoenderprojek is vandag in Batlharos, hoofsetel van die Batlharo Ba Ga Motlhware-kultuurgemeenskap noord van Kuruman in die Noord-Kaap,…

Lees meer

9 Junie 2026

Veerkragtige volharding verseker sukses van Mtingwevu gesamentlike landbou-ontwikkelingsinisiatief

Die gesamentlike landbou-ontwikkelingsinisiatief van AfriForum, Saai, die kantoor van Nkosi Zweloxolo Stokwe en die Adopt-A-Village Landelike Voedselsekerheidsinisiatief het ’n belangrike…

Lees meer

26 Mei 2026

AfriForum en gaob Witbooi oorhandig Afrikaanse opvoedkundige materiaal aan Hoërskool Carnarvon

AfriForum en gaob (kaptein) John Cornelius !Kham-aob Witbooi het onlangs leerhulpmiddels, waaronder verskeie vakplakkate in Afrikaans, aan die Hoërskool Carnarvon…

Lees meer

25 Mei 2026

Eer die nalatenskap van voorgeslagte deur toegewyde, beginselvaste werk op Afrika-dag

AfriForum doen ’n beroep op kultuurgemeenskappe en burgerlike organisasies om die nalatenskap van vorige geslagte te eer deur toegewyde werk…

Lees meer

28 April 2026

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om saam te werk om artikel 235 te verdedig

AfriForum doen ’n beroep op kultuur- en ander gemeenskappe en hul leiers om in gemeenskaplike belang saam te werk om…

Lees meer

13 Maart 2026

AfriForum en Saai gee stukrag aan die Barolong Boo Seleka se volgende landbou-onwikkelingsfase

AfriForum en Saai het deur hul landbou-ontwikkelingsinkubator, Resilient Regenerative Agricultural Initiative NPC (RRAIN), die volgende fase van Kgosi Gaboilelwe se…

Lees meer

6 Maart 2026

AfriForum eis dat KZN-premier onwettige optrede dringend regstel

AfriForum het op 5 Maart deur ’n prokureursbrief aan Thami Ntuli, premier van KwaZulu-Natal, en Thulasizwe Buthelezi, die LUR vir…

Lees meer

6 Maart 2026

Gesamentlike groenteprojek in Tsheseng vier produksiesurplus

Die Mofumahadi MaMontoeli Mota-groenteprojek van die Batlokoa Ba Mota-kultuurgemeenskap in Tsheseng, Phuthaditjhaba in die Vrystaat slaag die afgelope paar weke…

Lees meer

2 Maart 2026

Noga’s Post gemeenskapsgroenteprojek vier  – én deel – goeie oes

Die Noga’s Post gemeenskapsgroenteprojek vier ’n suksesvolle Februarie-oes met 180 kg aartappels wat plaaslik verkoop is, terwyl 40 bossies spinasie…

Lees meer

27 Februarie 2026

Gesamentlike lêhoenderprojek lewer eerste bekostigbare eiers

Die gesamentlike lêhoenderprojek van AfriForum, Saai en die Prinses Gabo Stigting, op die plaas Blijdskap in die Thaba’Nchu-omgewing, het in…

Lees meer

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*