#OnsSalSelf

Plaaslike regering

Plaaslike regering verwys na munisipale strukture in Suid-Afrika wat verantwoordelik is vir basiese dienslewering soos water, elektrisiteit, sanitasie en infrastruktuur. AfriForum beklemtoon egter dat baie van hierdie instellings nie effektief funksioneer nie, wat lei tot swak dienslewering en die verval van gemeenskappe. AfriForum glo dat plaaslike gemeenskappe ’n meer aktiewe rol moet speel deur self projekte aan te pak, druk op owerhede toe te pas en groter selfstandigheid na te streef. In hierdie konteks word plaaslike regering dus nie net gesien as ’n formele regeringsvlak nie, maar ook as ’n ruimte waar burgers self verantwoordelikheid neem om hul omgewing te verbeter.

Plaaslikeregeringsake

Wat is plaaslikeregeringsake?

Plaaslikeregeringsake fokus op die plaaslike regeringsvlak – daardie vlak van regering wat naaste aan die mense gesetel is en landwyd uit 257 munisipaliteite bestaan. Die land is in nege provinsies verdeel en hierdie provinsies is op hul beurt in agt metro’s, 205 plaaslike en 44 distriksmunisipaliteite verdeel. Hierdie 257 munisipaliteite word dus onder die sambreel van plaaslike regering vervat.

Waarom is AfriForum by plaaslikeregeringsake betrokke?

Uiteraard is munisipaliteite die naaste vlak van regering aan die mense en dit maak daarom geweldig baie saak wat op plaaslike vlak gebeur. Die Grondwet het ’n wye reeks magte en bevoegdhede aan munisipaliteite toegeken om belangrike dienste aan hul inwoners te lewer, waaronder die lewering van water en elektrisiteit, en die instandhouding van paaie. Hoewel dit hul plig is, kan en wil baie munisipaliteite reg oor die land om verskeie redes nie dié funksies verrig en mandate nakom nie. AfriForum se plaaslikeregeringsake-afdeling vervul daarom die rol van burgerlike instelling wat gemeenskappe op plaaslike vlak help om probleme op te los en munisipaliteite tot verantwoording te roep.

Hoe is AfriForum hierby betrokke?

AfriForum volg ’n tweeledige strategie wat plaaslike regering en in wese alle gemeenskapsake betref: Druk en selfbestuur. Gemeenskappe is landwyd steeds grootliks van munisipale infrastruktuur (soos waterpype en elektrisiteitsnetwerke) afhanklik, maar dié infrastruktuur word in die algemeen swak bestuur. AfriForum plaas daarom op allerlei maniere druk op munisipaliteite om byvoorbeeld munisipale korrupsie hok te slaan, waterlekke en -toevoer te herstel, slaggate in paaie reg te maak en seker te maak dat inwoners se elekrisiteitstoevoer en -pryse reg en billik is.

Hierbenewens is AfriForum se langtermynstrategie dat gemeenskappe selfonderhoudend ten opsigte van dienste word. Selfs al bestaan die wil by die staat om dienste na behore aan inwoners te lewer, is daar ’n duidelike gebrek aan vermoë om dit te doen – veral in die platteland, maar ook toenemend in die metro’s. Op die langer termyn moet daar dus aan alternatiewe tot staatsgedrewe dienslewering gewerk word.

Mediaverklarings

7 September 2026

AfriForum sal Eskom-aansoek teenstaan wat verbruikers verder wil belas

AfriForum sal Eskom se aansoek om ’n gemiddelde elektrisiteitstariefverhoging van ongeveer 8,8% vir 2027/28 teenstaan ​​en formele kommentaar by die…

Lees meer

4 September 2026

AfriForum betwis onwettige heffing op huishoudings met sonpanele in Thaba Chweu

AfriForum eis dat die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) ’n verduideliking asook ’n regstelling…

Lees meer

27 Augustus 2026

Groter munisipaliteite kan nie swak bestuurspraktyke regstel nie – AfriForum

Die grootte van ’n munisipaliteit bepaal nie of inwoners betroubare dienslewering ontvang nie. Goeie bestuur, bevoegde amptenare, behoorlike finansiële beheer…

Lees meer

20 Augustus 2026

Nersa se KPI-plan futiel sonder afdwing van bestaande regulasies, waarsku AfriForum

’n Futiele plan. Dít is hoe AfriForum Vrydag die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se plan vir die implementering van…

Lees meer

18 Augustus 2026

Nuwe kragtariefbeleid niksseggend sonder behoorlike toepassing – AfriForum

Die bygewerkte kragtariefbeleid sal weinig meer werd wees as die papier waarop dit geskryf is indien die Nasionale Energiereguleerder van…

Lees meer

17 Augustus 2026

Nersa se sonkragplanne al te eenders aan Eskom se registrasiefoefie – AfriForum

Eskom se onsuksesvolle pogings om die registrasie van kleinskaalse sonkraginstallasies te laat afdwing, moes as waarskuwing gedien het teen die…

Lees meer

3 Augustus 2026

Nersa, laat staan ekstra reëls vir sukkelende munisipaliteite, dwing eerder bestaande magte af – AfriForum

AfriForum waarsku dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se pogings om die land se kragverspreidingskrisis in sukkelende munisipaliteite met…

Lees meer

30 Julie 2026

Bloem se erfenisskat vir eers veilig ná AfriForum verkoop keer

Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit mag nie voortgaan met die verkoop of langtermyn verhuring van 153 munisipale eiendomme nie, aldus ’n…

Lees meer

16 Julie 2026

R54 miljard wat kragverbruikers moet opdok, nie dringend vir hof – AfriForum

AfriForum se hofaansoek om die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) te dwing om redes te gee vir sy besluit om…

Lees meer

16 Julie 2026

Sonkragheffings word nuwe spaarbussie vir sukkelende munisipaliteite – AfriForum

AfriForum is toenemend bekommerd dat munisipaliteite wat finansieel in die knyp is hulle tot sonkraggebruikers wend as ’n nuwe bron…

Lees meer

9 Julie 2026

Secunda en omliggende gebiede kry dalk eersdaags nuwe kragverspreider

AfriForum verwelkom die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit se aankondiging dat hy ’n artikel 78-proses ingevolge die Wet op Plaaslike Regering:…

Lees meer

8 Julie 2026

Weerhouding van munisipale toelaes bevestig wydverspreide bestuursmislukkings – AfriForum

Die Nasionale Tesourie se besluit om R13,5 miljard se billike-aandeel-toelae van 69 munisipaliteite vir Julie tydelik te weerhou, is volgens…

Lees meer

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Maak ’n donasie

Naam en van*