Veiligheid
Buurtwagte
AfriForum het in 2012 sy eerste buurtwag gestig en het die struktuur intussen uitgebrei na 177 landswyd. Die buurtwagte het/besit kommunikasienetwerke, reaksievermoë, toegang tot ’n inligtingstelsel, hommeltuie, opleiding en ondersteuning vanaf AfriForum-hoofkantoor.
Noodnommer: 063 639 7170

AfriForum Buurtwagte
Die waarde van buurtwagte is al oor en oor bewys, veral wanneer hulle saam met ander veiligheidstrukture soos gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) en die SAPD werk.
AfriForum het reeds in 2012 sy eerste buurtwag gestig en het sedertdien sy strukture uitgebrei na meer as 177 buurtwagte dwarsoor die land. Die teenwoordigheid van dié buurtwagte lei gereeld tot beter veiligheid, die voorkoming van misdaad en die aankeer van verdagte persone.
Alle buurtwaglede word deeglik opgelei om hulle van hulle regte en verantwoordelikhede in te lig, terwyl hulle ook opleiding in selfbeskerming en radiogebruik ontvang. ’n Buurtwag bestaan uit drie bene, naamlik ’n operasionele span, ’n inligtingspan en ’n steunspan. Die drie afdelings ondersteun mekaar in hulle take en maak voorsiening daarvoor dat daar verskeie aktiwiteite is waarby buurtwaglede kan kies om betrokke te raak.
Talle van ons buurtwagte het ook hulle eie lugvleuel, wat staatmaak op die gebruik van hommeltuie, hulle eie snuffelhonde en brandspanne.
Spoort jou naaste buurtwag op
Kaart van Suid-Afrika
Lys van buurtwagte
Limpopo
Mpumapanga
Gauteng
Noordwes
Vrystaat
KwaZulu-Natal
Oos-Kaap
Wes-Kaap
Noord-Kaap
Verslae
7 Mei 2026
22 April 2026
4 Februarie 2026
4 Februarie 2026
4 Februarie 2026
27 Januarie 2026
26 Januarie 2026
26 Januarie 2026
"*" indicates required fields
Word ’n lid
Klik hier om self aan te sluit of self jou
lidmaatskap te bestuur.



