Staatsverval in Suid-Afrika neem in só ’n mate toe dat gemeenskappe geen ander keuse het as om self die vermoë te skep om ’n beter toekoms te bou nie.
Centurion Die AfriForum-buurtspan in Centurion dien as ’n noodsaaklike ondersteuningstruktuur waar munisipale dienslewering tekort skiet. Deur vinnige identifisering en reaksie op probleme word die gemeenskap aktief ondersteun. Die onderstaande statistiek vir 2025 toon die omvang van die span se bydrae.
Gras- en skoonmaakwerk: 1 324 262 vk m
Vullis verwyder: 80 550,10 kg
Koste van vullisverwydering: R29 808,12
Straat-, park- en boomafval: 18 000 kg
Asblikke leeggemaak: 14
Groot sement-asblikke geplaas: 2
Omgevalle bome verwyder: 24
Nuwe lede gewerf: 167
Slaggate herstel: 35
Teer gebruik vir slaggate: 5 075 kg
Bouprojek: 7 150 stene gebruik
Straatligte herstel of geïnstalleer: 9
Help bou aan ’n beter môre — straat vir straat, buurt vir buurt.