Die AfriForum-buurtspan in Rustenburg is gevestig om vinnig en doeltreffend op gemeenskapsuitdagings te reageer te midde van onvoldoende munisipale dienslewering. Deur georganiseerde optrede en plaaslike betrokkenheid word probleme proaktief aangespreek. Die 2025-statistiek beklemtoon die waarde van hierdie span.

  • 1,7 ha gras gesny
  • 1,7 ton teer gebruik vir slaggate
  • 310 liter verf gebruik vir padmerke en spoedhobbels
  • 2 vragte vullis verwyder

Help bou aan ’n beter môre — straat vir straat, buurt vir buurt: