Saam bou ons aan ’n mooier Waterkloof: klein aksies; groot verskil. Waterkloof.
Waterkloof is meer as net ’n woonbuurt – dis ons tuiste. Deur klein, doelgerigte projekte kan ons saam groot verskille maak: veiliger paaie, netjiese sypaadjies en ’n omgewing waarop ons trots kan wees. Help ons om praktiese projekte in Waterkloof aan te pak.

Plaaslike infrastruktuur en netheid speel ’n groot rol in die veiligheid en waarde van, en die leefbaarheid in ’n woonbuurt. Waterkloof se voorkoms en infrastruktuur raak elke inwoner. Deur saam te werk, kan ons eenvoudige maar belangrike projekte aanpak wat ons woonbuurt sigbaar verbeter. Op hierdie blad lys ons huidige en toekomstige projekte in Waterkloof, wat insluit

  • slaggatherstel
  • verf
  • sypaadjies skoonmaak en in stand hou
  • grassny
  • soedhobbels verf

Deur vrywillige skenkings kan inwoners direk bydra tot projekte in hul eie omgewing. Elke bydrae, groot of klein, help om Waterkloof netjieser, veiliger en meer leefbaar te maak.

Ondersteun ’n projek in jou woonbuurt
Jou bydrae help om werklike, sigbare verbeterings in Waterkloof te maak.