|

AfriForum maak Loskopdam-monument skoon

AfriForum het Dinsdag 21 Februarie 2023 instandhoudingswerk by die Loskopdam-monument gedoen. Lede van AfriForum se Kranspoort- en Middelburg-takke het gehelp om die projek te voltooi.

Die monument is skoongemaak en al die gras rondom die monument is kort gesny, terwyl die palissades wat die monument omhein ook oorgeverf is. ’n Bakkievrag vol vullis en gras is tydens die skoonmaakprojek verwyder.

Hierdie projek vorm deel van AfriForum se nasionale monumente-oudit wat in Maart 2021 afgeskop het en jaarliks plaasvind. Die doelwit van die oudit is om Suid-Afrika se monumente en erfenisgebiede te bewaar.

Die Loskopdam-monument is opgerig ter ere van die werkers wat gehelp het om die damwal te bou. Hierdie dam ondersteun meer as 26 000 hektaar se boerderye en is ’n reuse-anker in die omgewing vir ekonomiese groei en vooruitgang.

Hierdie monument word gereeld deur AfriForum se Kranspoort-tak skoongemaak en netjies gehou.

“Ons is dankbaar dat ons as AfriForum-lede hierdie erfenis vir ons nageslagte kan beskerm en onderneem om dit volhoubaar te doen,” sê Magiel Ebersohn, voorsitter van die Middelburg-tak.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die projek betrokke te raak en deel te word van ’n groener toekoms. SMS “jou naam” na 45350 en sluit aan by AfriForum.

Soortgelyke plasings