|

Centurion-tak sorg vir veilige strate vir skoolkinders

AfriForum se Centurion-tak het op 10 April die strepe en ander aanwysings op die pad geverf rondom Laerskool Swartkop. Dít in ’n poging om padveiligheid te verbeter veral aangesien baie skoolkinders daar beweeg.

Die spoedhobbels en voetoorgange is ook nuut oorgeverf sodat dit meer sigbaar is.

“Dit is vir ons uiters belangrik om ’n goeie bydrae in ons gemeenskap te lewer en seker te maak dat kinders veilig kan beweeg wanneer hulle paaie moet oorsteek,” sê André de Bruyn, voorsitter van AfriForum se Centurion-tak.

Dié tak moedig die gemeenskap aan om met ’n vrywillige bydrae of deur self betrokke te raak te help met aksies soos hierdie by www.wordlid.co.za of stuur ’n e-pos aan centurion@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings