|

Groter Moot-tak se buurtspan en buurtwag gaan van krag tot krag

Die buurtspan van AfriForum se Groter Moot-tak het gedurende Mei ’n reusehoeveelheid werk gedoen en sukses behaal om die Moot-gemeenskap se omgewing te verbeter en te beveilig.

Die buurtspan het ingespring en ongeveer 94 vuilgoedsakke se rommel weggery, 156 man-ure op bossiekappers spandeer en sowat 352 ure aan ontbossing teen verskeie spruite bestee. Verder is drie bakkievragte met ’n sleepwa se tuinvullis weggery, vier kragbokse sowel as waterkrane is oorgeverf in Steve Biko-rylaan (Voortrekkersweg). Die stukkende bokant van ’n stormwaterdrein is verwyder en met ’n nuwe een vervang terwyl ’n verdere ses stormwaterdreine skoongemaak is en ’n klomp spekbome (Portulacaria afra) in Fratesweg in Villieria geplant is.

AfriForum se Groter Moot-buurtwag het ook volstoom voortgegaan deur 56 patrollies met 28 patrolleerders uit te voer. ’n Afstand van 773, 29 km is afgelê wat gelyk is aan 73,92 man-ure wat  aan patrollies afgestaan is.

“Die tak bedank graag die volgende ondernemings vir hul borgskap: FarmivoreZA Deli, Del.ice.ious, Burger Bistro, Eptonox, Citi Protection, Monaco Motors, Auto Strada en Pretoria Karavane. AfriForum sal aanhou om ons gemeenskappe te help waar die staat, of munisipaliteit misluk, deur projekte soos dié aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die area maak en hoop skep,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Soortgelyke plasings