|

Kom bemagtig jouself met opleiding in selfverdediging

AfriForum se Paarl-tak, in samewerking met Rukata Combat and Self Defence Systems, het vroeër vanjaar ’n suksesvolle selfverdedigingswerksessie gehou waartydens deelnemers kontakvegskuns geleer is en gaan binnekort wéér so maak. Die deelnemers is onder meer geleer hoe om aanvalle af te weer wat met wapens soos messe of pangas uitgevoer word. Die tegnieke is prakties implementeerbaar vir mans en vroue.

Met dié dat individue toenemend die teiken van ernstige geweldsmisdade word, is dit belangrik dat almal hulself met die nodige kennis toerus oor hoe om in dié soort situasies op te tree. Dit is een van die redes waarom AfriForum verskeie soorte opleiding fasiliteer wat gemik is op gemeenskapsveiligheid.

Gegewe die sukses van die vorige werksessie het die AfriForum-tak in Paarl dit goedgedink om weer hierdie opleiding aan te bied. Die gemeenskap word na die volgende gratis selfverdedigingswerksessie op Saterdag 8 Junie genooi. Die opleiding word om 10:00 by die NG kerk Paarlberg aangebied en sal ongeveer twee ure duur. Bring vir ’n oefenmaat saam en bemagtig jouself.

Daar is slegs ’n beperkte aantal plekke beskikbaar. Kontak vroegtydig vir Wena Bartie by 082 480 6905 of Erna Scheepers by 081 465 5619 via WhatsApp met jou naam en van om jou plek te bespreek.

Sien jou en jou oefenmaat daar!

Soortgelyke plasings