|

Weskus-tak ruim kuslyn op

AfriForum se Weskus-tak het op 2 Oktober 2 km se kuslyn in die Langebaan-omgewing opgeruim.

Dié tak het dit goedgedink om ’n skoonmaakaksie te loods en 2 km se kuslyn skoon te maak. Talle vrywilligers het op die dag kom hand by sit. Daar is een stortbak, ’n vierwielaangedrewe bakkie en twee waentjies vol vullis weggery. Ná die dag se harde werk kon die vrywilligers heerlik aan ’n worsbroodjie smul en lekker saam kuier.

“Daar is nie ’n beter gevoel as om te sien hoe die gemeenskap inspring om self ’n verskil te maak nie. Ons is dankbaar vir elke vrywilliger wat op die dag kom help het. Ons sien uit om volgende keer nog meer lede van die gemeenskap daar te sien,” sê Sidney Monk, voorsitter van die Weskus-tak.

Die Weskus-gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak en ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak: SMS “Weskus” na 45350 (R1) om vandag nog aan te sluit.

Soortgelyke plasings