|

Krugersdorp-tak vul 72 slaggate op een dag

Die AfriForum-tak in Krugersdorp het op 2 April 72 slaggate in dié dorp gevul, nadat die VF Plus die organisasie genader het om hulle daarmee te help. Slaggate in Krugersdorp is aan die toeneem en hou ’n groot gevaar in vir motoriste.

Altesaam 1 625 kg se teer is gedurende hierdie projek gebruik om die slaggate op te vul. Slaggate is in Munsieville, Krugersdorp-Noord, Dan Pienaarville, Silverfields en Rand en Dal gevul.

“Die tak het besluit om hierdie projek aan te pak weens die swak toestand van die paaie in Krugersdorp. Talle voertuie se bande het ook al skade opgedoen, omdat daar dele in die dorp is waar die slaggate onsigbaar is,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoödineerder vir die Wes-Rand.

“Dit is hartseer dat die munisipaliteit vaal in hul verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap om die infrastruktuur in stand te hou.”

Soortgelyke plasings