|

Mooirivier-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

AfriForum se Mooirivier-buurtwagte het op 14 en 15 Julie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 18:00 die Vrydagaand begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur.

Sowat 201 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 5 955 km in 157 voertuie is afgelê. Daar het ook 125 persone van ander veiligheidsinstansies, soos die SAPD, GPF en private sekuriteitsmaatskappye deelgeneem. Die volgende AfriForum-buurtwagte het deelgeneem: Bothaville, Parys, Sasolburg, Songloed, Hartbeesfontein, Potchefstroom, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein-plaaswag.

Verskeie diefstalverwante arrestasies is gemaak en ’n voorval waar vermeende kabeldiewe op ’n sekuriteitsvoertuig geskiet het, is ook aangemeld, maar die verdagtes het weggekom. Persone wat ’n veldbrand gestig het, is deur die SAPD gearresteer en die brand is geblus.

“Ek is baie trots op hierdie buurtwagte wat altyd bereid is om aan die nasionale patrollie deel te neem. Ek bedank elke patrolleerder en organisasie wat deelgeneem het. Dankie vir jul bereidwilligheid om jul tyd op te offer om na die veiligheid van ons gemeenskappe om te sien,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Kontak Alta Pretorius by 081 392 2071.

Soortgelyke plasings