|

Delmas Valke-buurtwag help om gesteelde voertuig terug te vind

Lede van AfriForum se Delmas Valke-buurtwag het in samewerking met die SAPD in Delmas ’n gesteelde voertuig teruggevind. Dié voertuig is opgespoor toe die Valke-buurtwag die N12-hoofweg tussen Delmas en Emalahleni gepatrolleer het. Hierdie aksie het op 25 Mei om 19:00 begin en tot die volgende oggend om 01:30 geduur.

Drie vermeende kabeldiewe is ook aangekeer en deur die polisie in hegtenis geneem. Terselfdertyd is daar op toerusting beslag gelê wat vermoedelik vir kabelsdiefstal gebruik word.

Die Delmas Valke-buurtwag bedank die polisie vir hul hulp tydens hierdie aksie.

“Ons is trots op ons Valke-reaksiespan wat hulself beskikbaar stel om die gemeenskap op so ’n onbaatsugtige wyse te dien,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Soortgelyke plasings