|

Mpumalanga-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se buurtwagte in Mpumalanga het op 14 April aan die nasionale patrollie, ’n inisiatief van hierdie organisasie, deelgeneem. Patrollies soos dié, waartydens buurtwaglede bymekaarkom, se doel is om sigbaarheid in die area te verseker en om die oë en ore van die polisie te wees. Die patrollie het vanaf 16:00 tot 06:00 die volgende oggend geduur.

Die buurtwagte wat deelgeneem het, is geleë in Argent, Chrissiesmeer, Delmas, Ermelo, Lydenburg, Machadodorp, Malelane, Middelburg, Mbombela, Piet Retief, Secunda, Standerton en Witrivier.

Tydens die patrollie het 201 lede in 106 voertuie deelgeneem en meer as 4 800 km is afgelê.

Agtien insidente is aangemeld en deur die lede van die buurtwagte hanteer. Die insidente het gewissel van kabeldiefstal tot voertuigkapings.

“Dis vir AfriForum belangrik om misdaad te bekamp en ons sal hierdie patrollies  in die toekoms uitbrei om misdaad hok te slaan,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Klik hier om by AfriForum se buurtwagte betrokke te raak.

Soortgelyke plasings