Nasionalisering van sport

In Desember 2019 het die Suid-Afrikaanse regering wetgewing voorgestel wat alle sport in Suid-Afrika onder mag van die minister van sport, kuns en kultuur sal plaas.

Van dié voorstelle sluit in:

  • algehele beheer oor elke sportfederasie, asook die implementering van reëls en regulasies, soos die minister dit goed vind;
  • algehele beheer oor die oprigting, onderhoud en inspeksie van sportfasiliteite;
  • geen internasionale sportgeleentheid mag sonder die minister se toestemming in Suid-Afrika aangebied of daarvoor aansoek gedoen word om dit aan te bied nie;
  • die minister mag ’n komitee aanstel om alle gevegsport in Suid-Afrika te reguleer; en
  • die minister mag ’n komitee aanstel om die algehele fiksheidsbedryf in Suid-Afrika te reguleer.

 Volgens die ANC-regering is dié voorstelle daarop gemik om gelykheid te bevorder en die foute van die verlede reg te stel.

AfriForum sê NEE. Die voorgestelde wetgewing is niks minder as ’n poging om alle mag oor Suid-Afrikaanse sport in die minister van sport te setel nie. Ons mag nie toelaat dat sport genasionaliseer word nie.

Mediaverklaring: https://afriforum.co.za/afriforum-dien-kommentaar-in-teen-voorgestelde-sportwetgewing/

Voeg jou naam by AfriForum se kommentaar op dié wetsvoorstel om die algehele verval van sport in Suid-Afrika te verhoed.

Sien die kommentaar hier.

Soortgelyke plasings