|

Noord van die berg-tak se tuinspan maak Pretoria-Noord weer mooi

AfriForum se Noord van die berg-tak se tuinspan het gedurende Julie verskeie projekte aangepak en suksesvol afgehandel. Hulle het besluit om skouer aan die wiel te sit om die gemeenskap van Pretoria-Noord te verbeter.

Die tuinspan maak die Pretoria-Noord-stadsaal se terrein en verskeie strate, insluitend
Delia-, André- en Francoisstraat asook die hoek van Azaleaweg en Bokmakieriestraat maandeliks skoon. Hulle ruim ook gereeld die volgende parke op: Monumentpoort, Wolmer, Suur Klapper, en die park in Bokserstraat. Die span het ook die Heldeakker-begraafplaas onder hande geneem.

Gedurende Julie het die tuinspan 650 km afgelê om opruimingswerk te doen, hulle het 1 294 swartsakke vol vullis opgetel, 36 vragte rommel weggery en 8 hektaar gras gesny.

“AfriForum sal aanhou om ons gemeenskappe by te staan waar die staat of munisipaliteit nalaat om dit te doen. Deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die area maak, skep ons hoop,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Klik hier en raak vandag nog by AfriForum se Noord van die berg-tak betrokke.

Soortgelyke plasings