|

Nuwe bestuurspan vir Springs-tak aangewys

Die AfriForum-tak in Springs het Saterdag (1 Junie) sy algemene jaarvergadering gehou en daartydens dié tak se suksesse oor die afgelope jaar uiteengesit, asook ’n nuwe bestuurspan vir die komende jaar aangewys.

Die nuutverkose bestuur bestaan uit Petro Kirton (voorsitter), Roos Trindade (sekretaresse), Ronel Greyling (tesourier) en Alwyn Kirton (leier van die buurtwag).

“Hierdie bestuurspan is gekies om die tak tot nuwe hoogtes te neem en voort te bou op die sterk fondasie wat deur hul voorgangers gelê is. Die tak kan uitsien na ’n blink toekoms onder hul leiding,” sê Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Ferreira voeg by dat die nuwe bestuurspan gereed is om elke uitdaging aan te pak. “Die bestuurslede is ywerig om ’n verskil te maak en ons sien uit na die positiewe impak wat hulle op die gemeenskap sal hê.

“Ons wil ook die voormalige bestuurspan bedank vir hul jarelange diens en toewyding aan AfriForum en die groter gemeenskap van Springs. Sommige van hierdie lede het tot 14 jaar AfriForum se Springs-tak bedien en hul harde werk en onbaatsugtige bydraes word opreg waardeer,” sluit  Ferreira af.

Die inwoners van Springs kan help om die omgewing te verbeter deur vandag nog by AfriForum betrokke te raak. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings