|

Standerton se kragnetwerk nou nóg meer stabiel danksy alarmstelsels

Die AfriForum-tak in Standerton is besig met ’n grootskaalse projek om die substasies in dié dorp met alarmstelsels toe te rus om sodoende diefstal en vandalisme die hoof te bied. Dié tak het onlangs nóg twee substasies op hierdie wyse beveilig.

Ses substasies is nou al veiliger te danke aan hierdie tak en volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, is daar reeds ’n afname in diefstalle en vandalisme by hierdie substasies.

Die alarmstelsels word deur Janson Sekuriteit installeer en Kasselman Sekuriteitsdienste moniteer hierdie stelsels gratis.

Hoewel hierdie substasies nou veiliger is wend misdadigers hulself nou tot kabeldiefstal tydens beurtkrag. Die AfriForum-buurtwag ry egter tydens beurtkrag gereeld patrollies om hierdie diewe se pogings te stuit.

“Te danke aan hierdie alarmstelsels en ons buurtwag se bereidwilligheid om tydens beurtkrag te patrolleer is Standerton se kragnetwerk meer stabiel en die infrastruktuur word nie so erg beskadig tydens beurtkrag nie,” sluit Bekker af.

Ondersteun AfriForum se Standerton-tak deur www.wordlid.co.za te besoek.

Soortgelyke plasings