|

NVG trek klagtes teen Dundee-boer terug

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vandag die Glencoe-landdroshof ingelig dat hy nie met die vervolging van Dundee-boer, Garth Simpson, sal voortgaan nie.

Simpson is van moord aangekla ná ’n voorval waarin hy op sy plaas deur ’n groep mans aangeval is. Een van die mans het probeer om Simpson se vuurwapen by hom af te neem toe ’n skoot afgegaan het. Die aanvaller het ongelukkig aan sy wonde beswyk.

“Ons is bly dat mnr. Simpson nou dié tragiese voorval agter hom kan sit. Alhoewel dit altyd betreurenswaardig is as iemand hul lewe verloor, is dit ons mening dat mnr. Simpson in die eerste plek nooit, op gronde van die beskikbare bewyse, aangekla moes word nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid.

Soortgelyke plasings