SUKSES: Zuma moet terug tronk toe; mediese parool onwettig verklaar ná AfriForum ingryp

Die burgerregteorganisasie AfriForum is verheug oor die uitspraak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria dat voormalige president Jacob Zuma se mediese parool onwettig toegestaan is. AfriForum beskou die uitspraak as ’n deurbraak vir geregtigheid

Die organisasie was ’n applikant in dié saak wat gevra het vir die dringende hersiening van Zuma se mediese parool.  Die hof het verder beslis dat die tydperk wat Zuma uit die tronk was nié van sy 15 maande tronkstraf afgetrek gaan word nie.

“Die publiek is al vir ’n tyd lank bekommerd dat daar dubbele standaarde in die Suid-Afrikaanse regstelsel is en dat senior politici of mense met politieke verbintenisse nie dieselfde hanteer word as wat gewone landsburgers of die res van die publiek hanteer word nie. Dit is juis waarom AfriForum as ’n applikant by hierdie saak betrokke geraak het en dit is ook waarom ons hierdie uitspraak as ’n deurbraak vir geregtigheid beskou,” sê Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum.

Soortgelyke plasings