|

Upington-tak versprei voedsel aan Rosedal-gemeenskap

Gemeenskappe in die Noord-Kaap gaan gebukkend onder werkloosheid en mense wonder gereeld waar hulle volgende bord kos vandaan gaan kom. Dít het AfriForum en All Ocean in Upington genoop om saam te werk om voedsel aan die gemeenskap van Rosedal te lewer.

All Ocean het 39 bokse vis, hoender en groente geskenk en die AfriForum-tak het dit in die gemeenskap versprei. Die tak bedank die eienaar en bestuurspan van All Ocean wat so onbaatsugtig geskenk het.

“Hierdie prysenswaardige poging is ’n samevoeging van samewerking en medemenslikheid van ’n organisasie en ’n onderneming wat omgee vir hul medemens,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Sluit vandag by jou naaste tak aan om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings