|

Witrivier-buurtwag ontvang nuwe tweerigtingradio’s

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het die afgelope week vyf nuwe tweerigtingradio’s ontvang. Dié radio’s sal gebruik word om kommunikasie tussen buurtwaglede te verbeter. Dit vergemaklik ook die loods van veiligheidsoperasies in die dorp.

Swak sein en ontoeganklike terrein maak dit vir buurtwaglede moeilik om tydens patrollering met ander buurtwaglede te kommunikeer, daarom  is daar besluit om nog tweerigtingradio’s aan te skaf aangesien goeie kommunikasie die belangrikste aspek van enige veiligheidstruktuur is,” sê Johan Pelser, voorsitter van AfriForum se Witrivier-buurtwag.

“Vir AfriForum is die gemeenskap se veiligheid een van sy hoofprioriteite en daarom wil ons verseker dat ons buurtwaglede al die regte toerusting het wat hulle in die veld benodig. Hierdie tweerigtingradio’s sal dus ’n direkte en positiewe invloed op die veiligheid van die Witrivier-gemeenskap hê,” sê Arlo van Heerden,  distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Die Witrivier-buurtwag nooi lede van die publiek uit om deel te word van hierdie projek om sodoende die veiligheid van motoriste te verseker.

Soortgelyke plasings