AfriForum-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte van Marble Hall, het die afgelope naweek aan dié burgerregte-organisasie se nasionale patrollie deelgeneem. Die patrollie is suksesvol deur sowat 22 buurtwaglede uitgevoer.

“Die patrolleerders het Marble Hall tussen Vrydagaand 20:00 en Saterdagoggend 04:00 in skofte gepatrolleer. Patrolleerders het 700 km in 96 manure afgelê. Geen ernstige voorvalle van misdaad is egter aangemeld nie en ons is dankbaar vir almal wat hulle eie tyd opoffer om die gemeenskap veilig te hou,” sê Ernst Jansen, AfriForum se voorsitter vir Marble Hall.

Jansen voeg by dat die patrollie op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van veiligheidstrukture gemik was en baie goed in dié doel geslaag het.
 
 
 
 

Soortgelyke plasings