AfriForum-buurtwagte in Pretoria neem aan nasionale massapatrollie deel


AfriForum se buurtwagte in die Hennopsriviervallei, Moot, Meyerspark, Pretoria-Wes en Wes-Moot het op 20 Julie 2018 in samewerking met die SAPD, gemeenskapspolisiëringsforums, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies aan die burgerregte-organisasie se massapatrollie in die Tshwane-metro deelgeneem.
Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 6:00 die volgende oggend geduur. Altesaam 154 patrolleerders van vyf AfriForum-buurtwagte het in 69 voertuie aan die patrollie deelgeneem. Patrolleerders het meer as 2 830 km in 403 manure afgelê en 12 voorvalle suksesvol in samewerking met die SAPD hanteer.

“Die patrolleerders het in samewerking met die SAPD ’n voorval van huishoudelike geweld hanteer, dwelms en wapens gekonfiskeer, en brande bestry, terwyl AfriForum se Moot-buurtwag en die SAPD ’n motor wat in Sunnyside gekaap is, opgespoor het,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.
“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, asook die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker. Ons doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Ons kan nie op die staat alleenlik vertrou om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling betrokke of sluit vandag by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings