|

AfriForum herstel slaggate in Secunda

AfriForum se Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)-tak het op 23 Oktober 2021 twee groot slaggate in Andries Potgieterstraat herstel. Dit volg nadat die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit meer as ses jaar gelede ’n gat oop gegrawe het wat nog nooit herstel is nie.

Inwoners van die omgewing het ná vele pogings om die munisipaliteit te kry om die gate te herstel handdoek ingegooi en AfriForum genader om die gat te herstel. Die gat van ongeveer 35 m2 is met behulp van die taklede en gemeenskapslede herstel en 70 sakkies teer is gebruik tydens die herstelwerk.

“Ons is moeg daarvoor om vir die munisipaliteit te wag wat nie hul pligte nakom nie. Daarom spring ons self in om die dorp op te knap,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak. Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS “Teks” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings