|

Westonaria-tak maak skenking aan Rand West City Plaaslike Munisipaliteit

AfriForum se Westonaria-tak het op 3 Augustus elektriese toerusting aan die Rand West Plaaslike Munisipaliteit in Westonaria geskenk. Die skenking bestaan uit 300 verskillende vervormbare koperbeslagpype (“ferrules”), ’n boks isoleerband, 200 verskillende koperdraadkloue en 200 meter koperkabel.

Die koperbeslagpype word gebruik om kabels en elektriese drade te heg en verbind terwyl die isolasieband gebruik word om die drade wat geheg is toe te draai. Dié tak het besluit om die skenking aan die munisipaliteit te maak aangesien die personeel altyd ’n plan moet maak om die gemeenskap te help met die bietjie wat hulle het. 

“Ek wil namens die Westonaria-tak en die gemeenskap die elektriese afdeling in Westonaria vir hulle uitnemende diens bedank. As tak sal ons sover dit in ons vermoë is altyd help waar ons kan. Saam kan ons ’n verskil maak. Nogmaals dankie,” sê Esther Swart, voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak.

Die Westonaria-tak moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak. Kontak Stephanus Blignault by 081 300 6815.

Soortgelyke plasings