AfriForum se Goukou-plaaswag verleen bystand tydens verwoestende Vermaaklikheid-brande


AfriForum se Goukou-plaaswag het hulp tydens die verwoestende veldbrand by Vermaaklikheid verleen deur bakkies met grasbrandeenhede beskikbaar te stel om die brande te probeer blus.
Working on Fire het nagenoeg 90 bykomende brandbestryders ontplooi, terwyl ander rolspelers soos die brandweerdienste van die Garden Route Distriks- en die Hessekwa Plaaslike Munisipaliteit ook betrokke was. Twee helikopters en twee vastevlerkvliegtuie is ook ingespan om die brand te help bestry.
Van die plaaswaglede se voertuie is beskadig en het bande tydens die bestrydingsproses verloor.

“Die gemeenskap het onder meer water, oogdruppels, kos en energiedrankies geskenk,” sê Johan Crous, AfriForum se veiligheidskomiteevoorsitter vir die Hessekwa-tak.

Persone wat by  AfriForum se veiligheidstrukture betrokke wil raak, kan die woord “VEILIG” na 45353 SMS. Elke SMS kos R1.

Soortgelyke plasings