|

AfriForum se Moreletapark-buurtwag kry gesteelde sleepwa terug

AfriForum se Moreletapark-buurtwag het op 14 Augustus ’n gesteelde sleepwa opgespoor wat tydens koperdiefstal by een van Eskom se substasies betrokke was.

Koper ter waarde van R6 000 000 is tydens dié kaping gesteel. Alhoewel die buurtwag nie die koperdiefstal kon keer nie, kon hulle egter die trok se sleepwa, waarmee die koper vervoer is, weer opspoor.

“Ons is dankbaar dat die wa so vinnig opspoor is, en glo dat hierdie optrede tot verdere suksesse sal lei in die stryd teen misdaad. Baie dankie aan elke lid van AfriForum se Moreletapark-buurtwag wat betrokke was tydens die operasie asook aan die sekuriteitswag wat die insident so spoedig gerapporteer het,” sê Sampie Steinberg AfriForum se  distrikskoördineerder vir Groter Pretoria Noord.

Sluit gerus aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur op die gratis Telegram-toep ’n kort verifikasie by https://t.me/AfriForumBuurtBot te doen, of stuur ’n SMS met die woord “Moreletapark” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings