|

AfriForum se Roodepoort-buurtwag hou agtste massapatrollie vir 2020

Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op 23 Oktober 2020 hul agtste maandelikse massa- en misdaadvoorkomingspatrollie gehou.

Dié patrollie is in samewerking met die volgende rolspelers gehou: ER24, Commed, Help24, Honeydew GPF, Sophiatown GPF, Albertsville GPF, Fairlands GPF, FNQB GPF, BCI Security, APCAN Security, National Security & Fire, Tau Protection Services, SRT Security, EC Security, Scpsl Security, CCJ Security, Delta Tactical, Emergency Control SA, ICE Community Policing en Black Hawk Risk Intelligence.

Altesaam 95 lede het aan hierdie patrollie deelgeneem en die patrollie beloof om in die komende maande meer deelnemers te lok om die gemeenskap suksesvol te beveilig.

“Hierdie patrollies is belangrik om veiligheid in die gemeenskap te verbeter en ’n veiliger omgewing vir almal te skep. Indien gemeenskappe en rolspelers saamwerk, kan ons misdaad saam bekamp, ” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Verskeie probleemgebiede in die gemeenskap is besoek en geen ernstige voorvalle is tydens die patrollie aangemeld nie.

Raak vandag nog betrokke en help om jou gemeenskap te beveilig: SMS “Roodepoort” na 45341 (R1) om by jou naaste buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings