| | |

AfriForum se Rustenburg-tak hervat skoonmaakprojek; herstel slaggate

Die AfriForum-tak in Rustenburg het op 10 Junie 2020 hulle skoonmaakprojek in dié dorp hervat en ook slaggate herstel.

Die projek is op 7 November 2019 van stapel gestuur, maar was tydelik deur die landwye inperking onderbreek.

Die tak het onder meer die gras op die sypaadjie van Oliver Tamborylaan gesny en slaggate in Kloofweg, Landrosstraat, Brinkstraat, en Joubertstraat herstel.

“Die algehele netheid het oor die afgelope paar maande agteruitgegaan. Verder versuim die plaaslike munisipaliteit om paaie in stand te hou. Lang gras en slaggate hou voorts ʼn veiligheidsrisiko vir inwoners in. Ons is egter dankbaar dat dié projek nou weer volstoom hervat kan word,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum vra verder dat gemeenskapslede en sakeondernemings ook by dié inisiatief betrokke sal raak om nóg ’n groter verskil te maak.

“Die projek is daarop gefokus om volhoubaar te wees en die gemeenskap te help. Ons beplan om twee tot drie dae per week skoon te maak en slaggate te herstel,” sê Chris Trytsman, voorsitter van AfriForum se Rustenburg-tak.

Raak vandag nog betrokke by dié projek: SMS “Rustenburg” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings