|

Secunda-begraafplaas se gras uiteindelik gesny ná munisipaliteit tak keer

AfriForum se  Teks-tak kon suksesvol die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit kry om die Secunda-begraafplaas se gras te sny ná hulle ’n skrywe aan die munisipaliteit gestuur het oor die toestand van dié begraafplaas.

Die tak was genoop om ’n skrywe aan die munisipaliteit te rig nadat beamptes ’n selfdoenprojek van die tak gestop het. Die tak was besig om die begraafplaas se gras te sny toe beamptes van die munisipaliteit hulle meegedeel het dat hulle besig is om ’n bywet te oortree. Volgens dié bywet is tuinmaak verbode, maar die term “tuinmaak” word egter glad nie in die bywet omskryf nie.

In hul skrywe het die tak die definisie van “gardening”, soos dit in die Oxford English Dictionary opgeneem is, uiteengesit. Daarvolgens is tuinmaak – oftewel “gardening” – die proses waardeur grond voorberei word en ’n tuin daarop uitgelê word. Daarvolgens het die tak nie die bywet oortree nie aangesien hulle nie die grond versteur het of enige aanplantings gemaak het nie.

Die tak het verder in hul brief gesê dat indien die munisipaliteit nie die gras gaan sny voor ’n vasgestelde datum nie dan sal die tak wel voortgaan om dit te doen. Die munisipaliteit het nie op die brief gereageer nie, maar nogtans die gras gaan sny. Die tak gaan verdere skrywes uitreik ook terreine in agt ander dorpe wat onbegaanbaar is.

“Ons is bly dat die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit besluit het om iets positiefs te doen, die munisipaliteit moet egter onthou dat hulle nege dorpe, met begraafplase, het wat ook onderhou moet word,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.

Inwoners word versoek om AfriForum in die Teks omgewing te ondersteun, besoek: www.wordlid.co.za

Soortgelyke plasings