|

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Pre-Primêre Skool Jim Fouché-Saailand, Elite Divine Skool, GerdeniaJeugsorg Sentrum, en die gemeenskap van Bloemfontein se kinders by NG Kerk Gardeniapark

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 17 Mei 2022 by die Pre-Primêre Skool Jim Fouché-Saailand, Elite Divine Skool en by die Bloemfontein-gemeenskap se kinders saam met die kinders van Gardenia Jeugsorgsentrum besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, met ander woorde, om boeliebestand te wees. Kinders word ook geleer om te kan onderskei tussen afknouery en konflik. Kinders so jonk as drie jaar kan aan boeliegedrag deelneem. Dit is veral belangrik om reeds by kleuterskole te begin met bewusmaking – hoe vroeër hoe beter. ’n Verskil in laerskole en hoërskole kan gemaak word as ons reeds begin om by kleuterskole ’n verskil te maak,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Dankie AfriForum en julle teenboelieveldtogspan vir julle besoek aan ons skool Saailand Pre-Primêr. AfriForum het drie sessies aangebied en die sessies aangepas vir alle ouderdomsgroepe. Julle besoek aan ons skool en kindervriendelike interaksie met ons leerders het ’n waardevolle en belangrike toevoeging in ons leerders se morele ontwikkeling. Dit is juis op kleuterskoolvlak waar alles begin en kan ons nog ’n verskil maak in ons kinders se handeling. Boeliegedrag is ’n blywende uitdaging in alle skole. Hiermee vat Saailand Pre-Primêr hande met AfriForum om ’n verskil te maak,” sê Antonette du Plessis, hoof van die Pre-Primêre Skool Jim Fouché-Saailand.

“Die kinders het soveel pret gehad om die wapenrusting van God en Sy Woord oor hulle lewens te bevestig en te erken hoe spesiaal hulle almal in God se oë is. Die maskot en die aanbieder het die boodskap rondom boeliegedrag lewe laat kry vir die kinders om fisies te begryp hoe God se beskerming oor ons lewens lyk. Hulle het ook die verskil tussen boeliegedrag en konflik op ’n verstaanbare en kindervriendelike manier verduidelik. Dankie AfriForum. Hierdie gaan nog lank onthou word deur die Divine Elite kinders,” sê Diamari Schoeman, hoof van Divine Elite Skool.

Vir meer inligting rondom AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za.

Soortgelyke plasings